2 maande gelede
Double-header by UWK
Xhanti-lomsi Nesi FOTO VERSKAF  ~ 

DIE UWK-stadion in Bellville is die slagveld vir vanjaar se semi’s in die Varsity-sokkerreeks.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se sokkerbestuurder, Xhanti-Lomsi Nesi, het gister bevestig dat albei semi’s in die Moederstad beslis sal word.

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se wedstryd teen Tuks sal die curtain raiser in die UWK se fortress wees voordat die hosts weer die Noordwes-Universiteit in die ander halfeind pak.

Toeganklik

Volgens Nesi is dit ’n nuwe inisiatief wat hulle in die Noorde begin het en nou na die Wes-Kaap bring.

“Ons engage met studente om te hoor hoe ons in die toekoms die sport meer toeganklik kan maak vir die publiek,” het Nesi verduidelik.

“Ons probeer ook studente en sportliefhebbers meer waarde vir hulle geld gee met die double-headers, jy weet.

“Ons probeer meer van ’n karnaval-atmosfeer skep waar almal in die opwinding kan deel,” het Nesi bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters