4 dae gelede
Dokters pleit opnuut om boks te verbied
naby DIE EINDE: Oleksandr Gvozdyk maak gereed om die uitklophou te plant terwyl Adonis Stevenson reeds begin steier.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DOKTERS wat die beseerde Kanadese bokser Adonis Stevenson behandel, het opnuut gepleit dat dié sportsoort verbied moet word.

Stevenson, wat sy WBC-ligswaargewig-titel Saterdagaand in Quebec verdedig het, is in ’n kunsmatige koma nadat hy ernstig beseer is toe hy in die 11de ronde uitgeslaan is.

Behou

Hy het sy titel aan Oleksandr Gvozdyk van Oekraïne afgestaan en is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die toestand van Stevenson (41), wat die wêreld se oudste kampioen was en wat sy titel die langste behou het, is gelukkig nou stabiel.

Die Kanadese dokter Jean Dore, wat tydens die geveg aan diens was, sê dis moeilik om boks as sportsoort te regverdig met koptrauma die hoofdoel van die sport.

“Nee, ons kan dit geensins regverdig nie. Boks as ’n sportsoort word deur baie dokters bevraag­teken – veral dié wat direk by die sport betrokke is,” verduidelik hy.

Ondanks die gevare van die sport, sê Dore hy verkies om langs die kryt te wees eerder as êrens elders.

“Wanneer ek daar is, kan ek die situasie beheer en probeer om sulke ernstige gevalle te voorkom,” reken Dore. – news.com.au

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters