13 dae gelede
Dobson kies vir Lions-stryd
PRETORIA, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 26:  Siya Kolis
Siya Kolisi  ~ Gallo Images

JOHN Dobson, die Stormers se afrigter, het Donderdag ’n ervare pak voorspelers en ’n opwindende jong agterlyn vir sy span se openingswedstryd in die Superrugby Unlocked-reeks gekies.

Die Stormers, wat weer deur Siya Kolisi gelei word, kom Saterdagaand teen die Lions op Nuweland te staan.

Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Frans Malherbe vorm ’n gedugte voorry met Salmaan Moerat en JD Schickerling wat die vaste vyf voltooi. Ernst van Rhyn en Juarno Augustus is saam Kolisi die lossvoorspelers.

Die skakelpaar, Herschel Jantjies en Damian Willemse, sal hul kritici se monde wil snoer na hul vertonings in die SuperFan Saturday-wedstryd en die Groen-en-Goud wedstryd twee weke gelede.

Aan hul buitekant sal Rikus Pretorius en Dan du Plessis die middelveld beman terwyl Leolin Zas en Sergeal Petersen op die vleuels sal diens doen.  Warrick Gelant sal die laaste vesting beman.

Die wedstryd teen die Lions skop Saterdag om 19:00 af en geen toeskouers sal by Nuweland toegelaat word nie. Die wedstryd word wel op die betaalkanaal SuperSport gebeeldsend.

Stormers: 15. Warrick Gelant, 14. Sergeal Petersen, 13. Dan du Plessis, 12. Rikus Pretorius, 11. Leolin Zas, 10. Damian Willemse, 9. Herschel Jantjies, 8. Juarno Augustus, 7. Ernst van Rhyn, 6. Siya Kolisi (kaptein), 5. JD Schickerling, 4. Salmaan Moerat, 3. Frans Malherbe, 2. Bongi Mbonambi, 1. Steven Kitshoff.

Plaasvervangers: 16. Scarra Ntubeni, 17. Leon Lyons, 18. Neethling Fouche, 19. Chris van Zyl, 20. Nama Xaba, 21. Paul de Wet, 22. Michal Haznar, 23. Tim Swiel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters