6 maande gelede
Dissipline kos UDubs duur
Tristan Leyds
Tristan Leyds se vinnige gebed kon nie UWK help om ’n teleurstellende nederlaag te vermy nie.  ~ Ashley Vlotman/Gallo Images

Die honeymoon is sommer al vroeg verby vir die afrigter Chester Williams en sy Varsity Cup-span, die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

UDubs is Maandagaand voor hul tuisskare met 25-47 deur die Universteit van die Vrystaat in die UWK-stadion verneder.

Daar was voor die wedstryd ’n verwagting geskep dat Williams se span baie mededingend sou wees in dié kragmeting – veral nadat hulle naelskraap verloor het in hul eerste wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad.

Die Bushies het egter vinnig uitgevind die ruimte vir foute op Varsity Cup-vlak is baie kleiner en word harder gestraf.

Verlede seisoen kon die UWK nog bekostig om in die Varsity Shield foute te begaan, want die verdediging van sommige van die spanne op die onderste vlak is nou nie van wêreldgehalte nie.

Udubs se spelers het ook by tye  gesukkel om hul emosies in toom te hou en het ’n duur prys betaal met twee spelers wat kort na mekaar met geelkaarte afkoelstoel toe gestuur is.

Robin Bocks en Justin Theys was die sondaars en hul afwesigheid het Shimlas kort voor rustyd en daarna in beheer geplaas – en UWK was toe maar net ’n skrale punte (20-21) agter op die telbord.

Williams en sy bestuurspan sal dus baie harde werk hê voor UDubs se volgende kragmeting in een van Suid-Afrikaanse rugby se gewildste kompetisies.

Die pad word beslis nie makliker nie, want die Bushies moet nou Potchefstroom toe reis om teen die Universiteit van Noordwes (Pukke) te speel.

Uitblinkers vir die UWK was Tristan Leyds wat met individuele briljantheid ’n bydrae tot UWK se derde drie – gedruk deur Andre Manuel – gemaak het.

Puntemakers

UWK Drieë: Clayton Daniels [1x5], Aiden Cupido [1x7], Andre Manuel [1x5]. Doelskop: Lyle Hendricks. Strafdoele: Lyle Hendricks [2]

Shimlas Drieë: Sechaba Matsoele [1x7], Marnus Boshoff [2x5], Sibalalo Qoma [2x5], Janco Cloete [1x5], Henk Pretorius [1x7] Doelskoppe: Justin Taylor [4]


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters