2 maande gelede
Dish-loses maak plan vir Japan
bill beaumontFoto: getty images  ~ 

RUGBY se World Cup in Japan gaan vir mahala in Italië uitgesaai word.

Intussen skarrel Suid-Afrikaners sonder DStv nog vir ’n plan om die games live te kyk.

Wêreldrugby, dié sport se beheerliggaam, het gister aangekondig ’n deal is met die uitsaaier Rai Television bereik om games in Italië te beeldsend.

Rai sal ál vier Italië se games in die groepfase uitsaai, asook 17 ander games.

Bill Beaumont, Wêreldrugby se president, sê die Rai deal sal verseker dat dié games in meer lande gekyk word en ’n groter gehoor as in vorige jare sal hê.

Ou Bill weet seker nie die grootste rugbyland se mense gaan droëbek sit en wag vir nuus oor games in die World Cup nie ...

Toegang

Ons land se openbare uitsaaier, die SABC, kan blykbaar nie ’n deal met Wêreldrugby strike om ’n paar games op die kassie te kry nie. Hy gaan na bewering net games op van sy radiostasies kan uitsaai.

Maar rugbyondersteuners sonder DStv beraam klaar planne om die toernooi te kyk.

Luidens ’n survey deur MyBroadband gaan 36% van die land se mense met toegang tot WiFi probeer om ’n tjommie se DStv Now account te gebruik.

Nog 21% sê hulle het toegang tot ander aan­lyn platforms om games te kyk en 14% gaan die naaste watergat opsoek om die games te kyk. Net 3% sê hulle gaan aan die buurman se deur klop om die aksie te aanskou.

Die World Cup begin op 20 September, wanneer Japan vir Rusland pak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters