4 maande gelede
Dís wat AJ en Fury by oord praat
AWKWARD: Anthony Joshua en Tyson Fury in gesprek.  ~ Instagram

“MAAK seker jy klop Deontay Wilder en maak seker jy klop Kubrat Pulev. Sien jou volgende jaar.”

Dít was volgens die promotor Eddie Hearn die kort gesprek tussen die twee swaargewigboksers Tyson Fury en Anthony Josua toe hulle mekaar onlangs in Marbella toevallig by ’n vakansieoord raakgeloop het.

“Ja, dit was awkward, maar dit was ’n kortstondige gesprek.

“Die een was net so verbaas soos die ander om mekaar daar raak te loop.

“Hulle het mekaar ook herinner om nie hul mega-fights volgende jaar te verongeluk nie. Fury moet met Deontay Wilder afreken en Joshua moet Kubrat Pulev uit die pad kry.

Publisiteit

“Albei gevegte word vir Desember beplan,” het Hearn­ aan Sky Sports gesê.

Volgens Hearn glo baie mense dit was ’n georganiseerde ontmoeting tussen Fury en Joshua om publisiteit vir hul gevegte te kry.

“Dis ver van die waarheid af, want dis beslis nie die geval nie.

“Dit was bloot toevallig dat hulle op dieselfde tyd op dieselfde plek was.”

Hearn sê Fury en Joshua respekteer mekaar en dat hulle albei gereed lyk vir die grootste geveg in wêreldboks.

’n Sege vir enige een van hulle sal uiteindelik weer die wêreld se swaargewigtitel verenig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters