11 dae gelede
Dis nie net spogregte
STER: Dominic Calvert-Lewin ryg die doele in vir Everton.  ~ Getty Images

DIE terugkeer van Sadio Mané en Thiago vir die Merseyside-derby teen Everton môre op Goodison Park behoort Liverpool die edge te gee oor sy high-flying buurspan.

Die duo was 10 dae in afsondering nadat albei positief getoets is vir die corona­virus.

Mané en Thiago is weer fiks verklaar nadat hulle Maandag by hul terugkeer na die Melwood-basis vir die Reds se oefensessies negatief getoets is vir die virus.

Boonop sal Mané en Thiago vars wees omdat hulle ook nie betrokke was by hul onderskeie lande se internasionale wedstryde nie.

Thiago was laas teen Chelsea in aksie toe hy sy debuut vir die kampioen gemaak het.

Jürgen Klopp (manager) se Reds het nou wel ’n baie indrukwekkende rekord oor die Toffees, maar wanneer dit by wedstryde op Stanley Park kom, verloop dinge nie altyd volgens plan nie.

Liverpool kon in die vorige vier wedstryde op die blou helfte se tuisveld net een doel aanteken.

Die verwagting is dat dit alles môre kan verander wanneer die span van Anfield sy aartsvyand en die Premier­liga-voorloper, Everton, pak.

Dis egter makliker gesê as gedaan, want Everton, onder leiding van sy uitgeslape Italiaanse coach, Carlo Ancelotti, is deesdae ’n harde neut om te kraak.

Met spelers soos James Rod­ríguez en Dominic Calvert-Lewin, is Ancelotti se span ook klinies voor die doelhok. Dít het Everton in sy eerste vier wedstryde van die seisoen bewys – hy het 12 doele aangeteken.

Versterk

Dis ook veilig om te sê daar is lank laas met sulke groot verwagtinge en angs na ’n Merseyside-derby uitgesien.

Dit het egter met meer as net spogregte te doen.

Die maksimum punte vir Everton kan sy posisie boaan die leer versterk, terwyl Liverpool met ’n sege gelyk kan trek boaan die punteleer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters