2 maande gelede
‘Dis g’n genade’
Thabo Nodada  ~ gallo images

NO MERCY vir Kaizer Chiefs!

Dis wat Cape Town City se afrigter, Benni McCarthy, van sy spelers verwag wanneer dié spanne mekaar môre in ’n Premierliga-stryd pak.

Dié stryd in die Kaapstad-stadion begin 15:00.

City is op ’n high nadat hy sy plek in die eindstryd van die MTN8-reeks bespreek het.

Die Kapenaars sal op 29 September in Durban teen SuperSport United speel.

Die Citizens moet nou eers hulle liga-verpligtinge nakom ná die internasionale sokkeronderbreking van twee weke.

City is nog nie op volle vaart in die ligaveldtog nie.

Hy het net een sege in sy vorige vier wedstryde behaal en het vyf punte op die puntelys.

Dus moet McCarthy-hulle hulle ligaveldtog op koers kry deur Chiefs se ellende verder uit te buit.

Die Amakhosi is steeds segeloos ná vyf wedstryde en daar is beslis nie ’n beter tyd om teen die span van Naturena te speel nie.

McCarthy het gister op ’n nuuskonferensie in die Radisson Blu Hotel in die V&A Waterfront ook duidelik gemaak hulle is op ’n missie om Chiefs verder te expose.

McCarthy het Chiefs as ’n gewonde dier beskryf.

“My spelers is honger en wil die wounded animal se bloed verder laat vloei,” het hy verduidelik.

“My spelers sal geen genade toon nie, want hulle weet wat op die spel is,” het hy gewaarsku.

“Ons moet vergeet van die cup final en moet ten volle op Chiefs fokus.”

Volgens McCarthy is die tyd verby dat hulle tweede viool speel vir grootvisse in die Premierliga, soos Chiefs.

“Kyk, ons re­s­pekteer hulle, maar dis dit.

“Ons het reeds in ons kort bestaan gewys ons is giant killers in ons eie reg.

“So, ons staan nie meer vir enige iemand terug nie,” het Bafana Bafana se rekorddoelskieter gewaarsku.

McCarthy sal veral op twee van sy sterspelers, Surprise Ralani en Thabo Nodada, se nommer druk om die Glamour Boys op die agtervoet te hou.

“Ons het bewys ons is ’n passing team en kan die bal van agter speel, al is ons onder druk.

“Chiefs kan vir seker wees ons gaan nie van ons patroon afwyk nie,” het McCarthy afgesluit.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters