24 dae gelede
Dis Carlos vir Bafana
Carlos Queiroz  ~ Getty Images

CARLOS Queiroz sal waarskynlik môre as Bafana Bafana se nuwe afrigter onthul word.

Son is ingelig dat die 68-jarige Portugees die groen lig sal kry oor sy mede-rivals soos Hervé Renard­ en Hugo Broos, wat albei ook die kortlys gehaal het.

Opvolg

Queiroz sal Molefi Ntseki opvolg in Bafana Bafana se hot seat.

Volgens ’n hooggeplaaste bron is die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) se Nasionale uitvoerende komitee (NEC) ook glo ten gunste van Queiroz.

Die NEC beskou die voormalige Manchester United-assistentbestuurder onder Sir Alex Ferguson as die perfekte langtermynoplossing.

Boonop is Queiroz, wat Real Madrid tussen 2003 en 2004 afgerig het, tussen geen vreemdeling vir Suid-Afrikaners nie.

Die voormalige coach van Iran en Colombië het ook die SA span afgerig en na die 2002 World Cup in Japan en Suid-Korea gelei.

“Carlos tick al die boxes,” het ’n ingeligte naby aan die aanstelling oor die nuwe coach gesê.

“Hy kan help om verskeie programme op die been te bring en hy is ook baie goed vertroud met ons sokker en ons land.

“Hy is ’n coach wat ook bereid is om saam met ander die coaches en die tegniese komitee te werk.

“Ek sal baie verbaas wees indien hy nié die pos kry nie.”

Dit voel byna soos déjà-vu wat die drie kandidate vir die nasionale sokkerpos betref. Hulle was in 2019 reeds op die Safa se radar om Stuart Baxter te vervang. Hierdie keer lyk dit asof dié beheerliggaam bereid is om sy hand diep in sy sak te steek om nog ’n mislukking te vermy.

Safa het Ntseki destyds gekies omdat hy na bewering nie ’n internasionale aanstelling kon bekostig nie.

Waarborg

Maar selfs met Queiroz aan die stuur is onmiddellike sukses steeds nie gewaarborg as hy nie die volle ondersteuning van Safa en sy belanghebbendes kry nie.

Intussen het Danny Jordaan, Safa-president, in ’n onderhoud met Sport24 ook Quieroz as die perfekte kandidaat opgesom.

Jordaan het in kort gesê: “Hy is steeds die laaste man om Suid-Afrika met sukses vir ’n World Cup te laat kwalifiseer.

“Sy dogter woon hier en hy besit ook ’n huis hier,” het hy gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters