13 dae gelede
Diogo aan diep kant
GEPOS: Jan Olde Riekerink gesels met die CT City-baas, John Comitis.  ~ Backpagepix

DIOGO Peral is die taak gegee om Cape Town City in die seisoen se oorblywende wedstryde te lei.

Peral was voorheen in beheer van die Diski-span en word nou aan die diep kant ingegooi deur City se baas, John Comitis.

Dit volg nadat Comitis sy Nederlandse breier, Jan Olde Riekerink, op “administratiewe verlof” geplaas het.

Son verneem dié woorde is eintlik maar net ’n meer subtiele term vir Olde Riekerink wat in die pad gesteek is.

“Dis omdat hulle nog ’n settlement probeer vasstel. Dus probeer hulle dit sugar-coat,” het Son se bron verduidelik.

“Maar volgens my is hy (Olde Riekerink) so goed as gefire.”

Met vier wedstryde oor is die sewende geplaaste Citizens nog op koers om onder die top-agt spanne te kwalifiseer.

Dit was dalk nie in City se beste belang om op hierdie stadium van Olde Riekerink ontslae te raak nie – maar dis nou mos wanneer die eienaars beter weet as die einste coaches wat hulle aanstel.

Olde Riekerink moet op sy beurt ook nie verbaas wees nie. Sy voorganger Benni McCarthy is ook geen genade getoon nie.

Presies

McCarthy was destyds in die proses om ’n gedugte sokkerspan te bou en die fans was kwaad vir Comitis toe McCarthy moes loop.

Olde Riekerink het presies 50 wedstryde agter die rug vir City. Dit sluit in 19 seges, 13 draws en 18 nederlae.

McCarthy het in sy eerste seisoen met City in die vyfde plek klaargemaak.

Nie Comitis of Peral was vir kommentaar beskikbaar nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters