2 maande gelede
‘Die KO Kid kom terug’
WAARSKUWING: Kevin Lerena wil in die toekoms gou klaarspeel met sy teenstanders.  ~ Golden Gloves

DIE KO Kid kom terug!

Só beloof Kevin Lerena, Suid-Afrika se IBO-tussengewigkampioen, oor sy aanslag volgende jaar om die wêreld­titels te verenig.

Die gewilde bokser het sy planne vorentoe in ’n onderhoud met Brian Mitchell uitgestippel.

Lerena sê hy wil sy bynaam, “The KO Kid”, weer gestand doen.

“Ek gaan daarop konsentreer om my teenstanders vinniger af te finish.

“Waarom moet ek 12 rondes boks as ek hulle voor die tyd kan bêre?” vra hy.

Onthul

Lerena het onder die afrigter Peter Smith duidelik sterker en frisser geword.

Lerena het aan die begin van sy loopbaan in 2011 die bynaam The KO Kid gekry nadat hy sy eerste vyf teenstanders uitgeslaan het.

Hulle was Justice Siliga, Gerson Singo, Lucas Jere, Alex Mbaya en Jean Lutete Kamba.

Mitchell het onthul Lerena kan volgende jaar ook vir die IBF-titel boks.

Lerena klink ook opgewonde oor ’n nuwe gewigsafdeling – super-tussengewig – wat nou deur die wêreldliggame oorweeg word.

Maar voordat Lerena sy planne in werking kan stel, moet hy eers op 19 Desember by Emperors Palace sy opwarmingsgeveg teen die Amerikaner Patrick Ferguson wen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters