14 dae gelede
Die Cat kom weer
FARNHAM, ENGLAND - DECEMBER 28: Demetri Catrakilis
Demetri Catrakilis verlede jaar in 'n wedstryd vir Harlequins.  ~ getty images

DIE Southern Kings het sy eerste groot signing gemaak ter voorbereiding vir die nuwe Pro 14-seisoen wat in September afskop.

Demetri Catrakilis, een van die Kings se groot helde tydens hul 2013 Superrugby-veldtog, keer volgende maand terug na die span. 

Die 29-jarige het 'n eenjaar-kontrak met die span geteken met 'n opsie om dit teen volgende jaar Junie te verleng.

Robbi Kempson, hoëprestasie-direkteur van die Kings, het die nuus bevestig.

Catrakilis het 15 keer in 2013 vir die Kings in Superrugby uitgedraf en 151 punte aangeteken. 

Hy het die Kings in 2015 verlaat en vir twee jaar vir Montpellier in die Franse Top 14 gespeel het. Hy het hom in 2017 by die Harlequins aangesluit.

Catrakilis sê hy is baie opgewonde om sy terugkeer te maak.

"Ek het 'n stukkie van my hart in Port Elizabeth agterlaat toe ek in 2013 weg is en ek is baie bly om die geleentheid te hê om weer terug te kom." 

Hy sê hy sien uit om weer met Kempson en die span te begin werk om die komende seisoen 'n suksesvolle een te maak.

"Ek het die Kings fyn dopgehou sedert ek weg is en ek sien uit daarna om my alles vir die span en sy ondersteuners te gee."

Paul Gustard, Harlequins se hoof van rugby, het die losskakel bedank vir sy bydrae en wens hom die beste toe. - Sport24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters