8 dae gelede
Devon in die saal
Devon Saal  ~ Backpagepix

DIS nou wel nie die Premierliga nie, maar Devon Saal se skuif na die Eerste Liga met Jomo Cosmos is nét wat dié winger benodig om weer sy loopbaan op dreef te kry.

Die voormalige speler van Maritzburg United, All Stars, Santos, en Milano United het Son ingelig dat hy nou vorentoe kyk nadat hy ’n jaarkontrak met Jomo Cosmos geteken het.

Hy het ook die opsie om dit vir nóg ’n jaar te verleng.

Saal, wat maande in die doldrums sonder ’n klub was, het in Januarie na KwaZulu-Natal geskuif om met die Tweede Liga-klub GWP Friends te teken.

Dis geen geheim dat die lefty begeer om weer in die PSL te speel nie, maar vir eers vat hy wat hy kan kry.

“Ek voel optimisties oor die skuif om terug in pro-sokker te wees,” vertel Saal.

“Die baas, Jomo (Sono) het my gevra om te kom. Hy sê die klub se ambisie is terug om in die PSL te wees en myne ook.

Wen

“Dis ons common goal en waarom ek alles sal gee om hulle te help promosie wen deur die liga te wen. Ek wil weer PSL speel, maar vir nou vat ek wat ek kry.”

Intussen kan Saal se broer, Lionel, ook hom binnekort by dié klub aansluit.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters