5 maande gelede
Devon help Black Caps na sege
Devon Conway  ~ Gallo Images

DIE Black Caps, aangevuur deur die Suid-Afrikaans gebore Devon Conway, het gister hul T20I teen Australië maklik met 53 lopies gewen.

Die 29-jarige Conway is in Johannesburg gebore en het die grootste gedeelte van sy professionele loopbaan vir die Lions gespeel.

Hy het in Augustus gekwalifiseer om vir Nieu-Seeland te speel en sedertdien skitterend vertoon.

Hy het gister op die Hagley Oval in Christchurch ’n onoorwonne 99 van net 53 balle aangeteken. Dit het 10 viere en 3 enorme sesse ingesluit.

Jaagtog

Dit het NS in staat gestel om 184/5 in sy 20 boulbeurte aan te teken nadat hy ingestuur is om te kolf.

In die jaagtog het Australië nooit werklik gelyk of hy naby die teiken sou kom nie. Die bybreekbouler Ish Sodhi met 4/28, tesame met die ervare snel-duo Tim Southee (2/10) en Trent Boult (2/22), het die Aussies deurgaans onder druk gehad.

Die tweede wedstryd in die reeks van vyf vind Donderdag in Dunedin plaas.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters