5 dae gelede
Devils moet lig loop
Pierre-Emerick Aubameyang Foto: GETTY IMAGES  ~ 

ASOF hy nie genoeg challenges moet trotseer nie, pak Manchester United vandag ’n Arsenal-span wat goed op dreef is.

Dis ook juis waarom die Gunners se striker Pierre-Emerick Aubameyang die Red Devils waarsku om lig te loop.

Arsenal is in sy laaste 18 wedstryde onoor­wonne in alle kompetisies.

Hy en José Mourinho (manager) se sukkelende Manchester United-span kom vandag op Old Trafford teen mekaar te staan in ’n Engelse Premierliga (EPL)-wedstryd.

United lek ook nog sy wonde nadat hy in sy vorige wedstryd gelykop (2-2) gespeel het teen South­ampton.

Arsenal, daarenteen, stap breëbors rond ná sy sege van 4-2 oor Tottenham Hotspur in hul Londense derby.

Dis juis waarom Aubameyang, Arsenal se striker van Gaboen, Mourinho-hulle waarsku dat hy hulle gaan wegblaas.

Aubameyang se visier op die doelhok is weer ingestel.

Hy het die nette al 12 keer in 18 wedstryde laat raas, en maan dat hy net beter word.

Aubameyang dreig liggies: “Ek dink nie my peil is al 100% nie, maar dit kom.

“Ek het goed gevoel teen Spurs.

“Ek weet ek kan nóg beter vaar, en dís wat ek van myself verwag.

“Ons is nou onder die topvier-spanne, maar dis moeilik om daar te bly. So, dís waarom ons Man Unit­ed moet klop.” – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters