12 dae gelede
Desperaat vir speel
Mesut Özil  ~ Getty Images

EENS op ’n tyd is Mesut Özil as een van wêreldsokker se gevaarlikste en briljantste spelskeppers beskou. Nou bevind hy hom onder die reserwes by die Arsenal-sokkerklub.

Die ster van die Wêreld­bekerwenner Duitsland in 2014 het so laag by sy Engelse Premier­liga-span geval dat Mikel Arteta (manager) hom nie eens oormerk vir speelkans in Arsenal se veldtog in 2020-’21 se Europa League nie.

Hy gaan na bewering ook weggelaat word uit die groep vir die Engelse Premierliga.

Özil (31) se laaste wedstryd vir die Gunners was in Maart – net voordat die Covid-19-pandemie sokker tot ’n halt gebring het.

Arsenal het ’n hele 55 personeellede gepos en talle spelers moes pay cuts aanvaar. Özil wou egter nie ’n pay cut aanvaar nie.

Özil, wat £350 000 (sowat R7,5 miljoen) per week verdien, sou gedurende die vensterperiode vir spelers koop en verkoop aan ’n ander klub aangebied word, maar daar was duidelik nie belangstelling in sy dienste nie.

Luidens The Athletic bespaar Arsenal nou geld deur die Duitser nie speelkans te gee nie.

Özil moes na bewering verlede maand ’n sogenaamde loja­liteitsbonus van £8 miljoen (R172 miljoen) ontvang.

Hy moet glo elke jaar ’n bonus ontvang vir elke verskyning wat hy maak. Dít luidens ’n klousule in sy kontrak.

Özil is in die laaste jaar van sy kontrak en dit lyk asof hy Arsenal gaan groet sonder om in die nuwe seisoen in ’n enkele wedstryd te speel.

Loopbaan

Maar Özil wíl speel en het selfs ’n video aan Arteta gestuur om hom te herinner van sy beste oomblikke vir die klub.

Arsène Wenger, voormalige Arsenal manager, voel Özil se loopbaan kan dalk net opgemors word in Noord-Londen en het Arsenal se bestuur gevra om hom tog maar by die span te betrek. – thesun.co.uk

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters