12 dae gelede
Dene slaan reeds die Katar
Mikkel Damsgaard  ~ Getty Images

DENEMARKE het gewys dat sy goeie vertonings in vanjaar se Euro 2020-sokkertoernooi geen vloekskoot was nie.

Die Dene beleef ’n baie emosionele jaar nadat hul kaptein, Christian Eriksen, in die eerste wedstryd by die Euro-toernooi ’n hartaanval gekry het.

Die span het daarna vriend en vyand verras deur steeds die halfeindronde te haal waar hy deur Engeland uitgeskakel is.

Die Dene het egter nie daar gestop nie en is een van die eerste Europese lande om vir volgende jaar se World Cup in Katar te kwalifiseer.

Kasper Hjulmand (coach) se span het Oostenryk Dinsdag met 1-0 geklop om sy plek te bespreek.

In Eriksen se afwesigheid het Denemarke nuwe helde ontgin, soos die spelskepper Mikkel Damsgaard en Andreas Skov Olsen (vleuel).

Albei het invloedryke rolle in eergister se sege gespeel en hulle sal beslis volgende jaar in Katar dopgehou moet word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters