2 jaar gelede
Davids net aan Kings geleen
HENNIE BAARTMAN Foto: WESLEY MARTIN  ~ 

DEON Davids is nie vir SWD-rugby verlore nie.

Die president van die unie, Hennie Baartman, het dié versekering gister gegee.

Hoewel Davids as hoofafrigter van die Southern Kings vir die Superrugby-reeks aangestel is, bly hy aan as hoofafrigter van die Arende.

Davids word net vir sewe maande aan die Kings geleen.

“Die president van SA Rugby, Oregan Hoskins, het ons ’n paar dae gelede besoek en gevra of SWD bereid is om Davids in SA Rugby se belang af te staan.

“Ons het dus in landsbelang ingestem om hom vry te stel. Deon keer in Augustus terug na ons, waarna hy sy taak as hoofafrigter sal voortsit.

“Ons stel môreaand (vanaand) ’n nuwe afrigter aan wat vir sewe maande aan Davids moet rapporteer,” het Baartman gesê.

Aanvanklik is 53 aansoeke vir die pos ontvang, maar die kortlys is na vier verminder.

Met Davids tydelik weg, word die ander drie kandidate vanaand teen mekaar opgeweeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters