5 dae gelede
Darts vol verrassings
Arenda Riley  ~ Lennie Thomas

VERRASSINGS was aan die orde van die dag toe Vernon Bouwers Sondag sy derde Friends Challenge-dartstoernooi van die jaar by die Grassy Park Hotel gewen het.

Bouwers het die titel beklink toe hy Lance Rustin in die finaal met 6-3 getroef het.

Spannende

Die toernooi is egter deur verrassings gekenmerk.

Die swaargewigte Nolan Arendse en Leslie Beukes kon nie betyds uit die wegspringblokke kom nie en moes uiteindelik in die plaatafdeling meeding.

Arendse het Beukes in ’n spannende wedstryd met 3-1 geklop en sodoende vergoed vir die teleurstellings van vroeër. Bouwers het Clifford Stradling met 6-2 verslaan voordat hy Daywin Adams met 6-4 in ’n senutergende semi-finaal uitgeskakel het.

In die vroueliga het Arenda Riley met die louere weggestap toe sy Chantal Faure in die finaal met 3-2 geklop het.

Dit was ’n groot prestasie vir Riley omdat sy haar debuut by die toernooi gemaak het. Sy het Tania Mains in die semi-finaal met 3-0 uitgeskakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters