8 dae gelede
Darts-manne dra by vir kankerlyer
DANKIE, MANNE! Van links is Vernon Bouwers, Gavin Kulsen, Lance Rustin en Charles Losper.  ~ _JEHROME PRINSLOO

DIE Kaap se darts-spelers het harte van goud.

Ná Sondag se Friends Challenge-kompetisie by die Grassy Park Hotel het Charles Losper, Lance Rustin en Vernon Bouwers hul prysgeld in ’n roerende gebaar aan Gavin Kulsen geskenk vir sy kleindogter Gia se mediese onkoste. Sy word vir kanker behandel.

Kulsen is ’n ervare speler en administrateur in die Boland-area.

Vroeër die dag het Losper sy derde titel in die 14de weergawe van die kompetisie gewen deur Rustin in die eindstryd met 6-4 te klop.

Tydelik

Met dié oorwinning is hy nog net een titel weg om met Cameron Carolissen gelyk te trek.

Carolissen is nog op die kantlyn nadat hy hom tydelik aan die kompetisie onttrek het.

Vir Losper was dit egter nie ’n maklike pad na die eindstryd nie.

Hy moes behoorlik uithaal om by Leslie Beukes en Vernon Bouwers verby te kom.

Hy het albei in ’n naelbytwedstryd met 6-5 geklop.

Daarna het hy David Jantjies in die kwarteindronde verspot maklik met 6-1 geklop voordat hy die in-form Day­win Adams met 6-3 in die halfeind gestuit het.

Uitslae:

Kwarteind: Vernon Bouwers 6-5 Clifford Stradling; Charles Losper 6-5 Leslie Beukes; Lance­ Rustin 6-1 David Jantjies; Daywin Adams 6-2 Justin van der Westhuizen

Halfeind: Charles Losper 6-5 Vernon Bouwers; Lance Rustin 6-3 Daywin Adams

Eindstryd: Charles Losper 6-4 Lance Rustin

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters