6 dae gelede
Darts-borgskap: ‘Ekstra myl kort’
andrew
’n GROTE: Die toernooi-direkteur Andrew Daniel.  ~ FOTO VERSKAF

DIE R50 000-borgskap vir ’n professionele dartstoernooi in die Kaap is ’n stap in die regte rigting, maar dis jammer dat die organiseerders nie die ekstra myl vir die spelers gestap het nie.

Só sê die plaaslike organiseerder Lennie Thomas oor die kwalifiseringsrondes wat vir 31 Julie en 1 Augustus beplan is, mits die pandemie-regulasies dit toelaat.

Dié toernooi word ge­samentlik deur Royal Falcon Scotch Whisky en Darts SA aangebied. Thomas sê dié toernooi is beslis die regte stap vorentoe.

Passie

Dis ook nou duidelik dat hulle uiteindelik besef hoeveel tyd en oefening in dié sport gesit word.

“Dit is nou hoog tyd dat ons spelers ook die vrugte vir hul passie in dié sport begin pluk.

“My enigste kritiek is dat die organiseerders nie die ekstra myl geloop het om ’n bykomende R50 000 te kry vir die laaste 16 spelers nie. Dis sad dat net een speler met ál die geld sal wegstap. Baie van ons spelers kom van die laer inkomstegroep en ’n R1 000 of R2 000 sou wondere gedoen het vir spelers wat die laaste 16 gehaal het.

“Dit sou handig te pas gekom het vir kos of ander benodigdhede. Boonop is baie van ons spelers ook werkloos,” sê Thomas.

Die tweede en derde kwalifiseringsrondes word vir 28 en 29 Augustus, 25 en 26 September by die Rooikrans-gemeenskapsentrum in Grassy Park beplan.

Die eindronde word in die Onomo-hotels Kaapstad se Inn On The Square gehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters