8 dae gelede
Danny wil top-klubs na SA bring
Danny Jordaan  ~ _GALLO IMAGES

SOKKER se Wêreldbeker-toernooi vir klubs kan straks in Desember in Suid-Afrika gespeel word.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) gaan glo die wêreldbeheerliggaam, Fifa, nader om dié moontlikheid te bespreek.

Japan het Donderdag aangekondig dat hy nie dié toernooi kan aanbied nie en Fifa soek nou ’n plaasvervanger.

Die toernooi vind in Desember plaas, met Chelsea (Engeland, Europa), Al Ahly­ (Egipte, Afrika) en Auckland City (Nieu-Seeland, Asië) wat reeds hul plek bespreek het. Daar neem sewe spanne aan dié toernooi deel.

Volgens Fifa moet daar nog ’n finale besluit oor die venue geneem word, maar ’n aankondiging sal mettertyd gedoen word.

Danny Jordaan, grootbaas van Safa, het gesê Suid-Afrika het die infrastruktuur om die toernooi te huisves.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters