12 dae gelede
Danny soek meer
BATTLE: Sydney Mobbie (links) hou Nasir Ahmed fyn dop.  ~ Gallo Images

MEER toeskouers kan Bafana Bafana net ’n nóg gevaarliker sokkerspan maak.

Só sê dr. Danny Jordaan, president van die beheerliggaam Safa, ná Dinsdag se suksesvolle terugkeer van toeskouers vir Bafana Bafana se World Cup qualifier teen Ethiopië.

Suid-Afrika het in die FNB Stadium met 1-0 gewen voor 2 000 toeskouers – meestal Bafana fans wat hul span kom aanspoor het.

Jordaan sê hy gaan nou die nasionale regering nader om te hoor of daar meer toeskouers toegelaat kan word wanneer Bafana Bafana weer in aksie is.

“Die toeskouers het daai missing link in die stadion teruggebring en ek wil hulle bedank vir hul dissipline en die atmosfeer wat hulle geskep het toe die wedstryd begin het.

“Ons gaan ’n voorstel aan die regering stuur om die persentasie van bywoners te verhoog vir die tuiswedstryd teen Zimbabwe volgende maand,” het Jordaan gesê.

Die Safa-baas was ook vol lof vir Hugo Broos (coach), wat nou die nasionale span tot ’n derde sege gelei het.

Hy sê: “Namens almal wil ek die coach, Hugo Broos, bedank vir die opwinding en hernude hoop in ons nasionale span.

“Die werk is nog nie klaar nie, maar 10 punte in 4 wedstryde verdien lof, veral met dié jong span. Ons het die ses punte gekry teen Ethiopië en dit maak die volgende twee wedstryde teen Zimbabwe en Ghana baie interessant.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters