11 dae gelede
Danny glo Wes-Kaap het talent
Danny Jordaan  ~ Gallo Images

DIE bekendstelling van Safa se Sasol Vroueliga in sy Wes-Kaapse streek is onlangs in die Caledon Casino in die Overberg-streek gehou waar die Kaapse spanne hulle uitrustings ontvang het.

Die Wes-Kaapse provinsiale liga was die eerste van Safa se nege provinsies wat met sy launch afgeskop het.

Die liga is egter weer dadelik weens die corona-virus afgelas.

Dr. Danny Jordaan, Safa-president, het onder meer gesê die nasionale liggaam is ernstig in sy poging om vrouesokker in ál sy provinsies landwyd te bevorder.

Altyd

Jordaan sê hulle beoog om deur die opbou van die Sasol-liga drome vir spelers ’n realiteit te maak.

Dít is sodat hulle promosie tot die nasionale liga kan verkry. Die doel is ook om professionele spelers te kweek.

“Daar is altyd ’n geleentheid. Ek is vol vertroue daar is talentvolle spelers in die Wes-Kaap wat die natuur­like vermoë het om topklas-spelers in die liga te word,” het Jordaan gesê.

Ál 16 die spanne het hulle uniforms ontvang en verlede seisoen se kampioen, Vasco da Gama, is met die trofee beloon.

Sporting Stars van Safa Cape Winelands en Virgo Ladies van Mitchells Plain LFA is die twee nuwe spanne in vanjaar se liga.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters