14 dae gelede
Dankie en nee dankie
Benni Mccarthy  ~ Backpagepix

BENNI McCARTHY se uitstekende werk met Cape Town City in sy eerste senior job maak hom hot property.

Bafana Bafana en Orlando Pirates is van die spanne wat reeds in die verlede voelers uitgesteek het vir sy dienste.

Maar Suid-Afrika se all-time­ highest goal-scorer, wat laas jaar deur City gepos is, het laat hoor hy sal nie sommer spring vir enige offer wat opduik nie.

McCarthy beweer ’n derde klub, Ajax Cape Town, het nou ook ’n offer gemaak, maar hy is tans nie só desperaat nie.

Dis natuurlik nadat Ajax se Nederlandse coach, Andries Ulderink, summier bedank het.

Ajax gee tans die pas aan in die GladAfrica Eerste Liga.

Die gedagte is dat Ajax ’n head coach jag om die assistent, Calvin Marlin, by te staan.

Maar die feit dat Ajax nog in die NFD is, het dalk McCarthy oorreed om eerder nie in dié liga te coach nie.

Volgens McCarthy sal dinge gebeur op sy tyd en voorwaardes.

“As dit ’n regte klub, voorsitter of eienaar is en iemand met wie ek kan saamwerk, dán natuurlik,” het McCarthy verduidelik.

“Maar ek gaan beslis nie net ’n job vat vir die sake van dit vat as dit nie geskik is vir albei partye nie.

“Die pos by Ajax Cape Town was waarskynlik myne, as ek dit wou gehad het. Ek het gesprekke gehad met Ajax se uitvoerende hoof, Ari Efstathiou, en dit was goed.

“Die projek kon goed gewees het, maar die tydsberekening is nie reg vir my nie,” het McCarthy aan die BBCgesê.

Intussen het Ajax se skakelbeampte, Shooz Mekuto, die situasie gedownplay deur te sê hy sal nie kommentaar lewer nie.

“Dit was nooit gerugte vir ons nie,” het Shooz volgens kickoff.com gesê. “So, wie die gerugte versprei het, moet voortgaan daarmee.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters