12 dae gelede
#KYK: Damian Willemse is honger en excited vir #RWC buiging
Damian Willemse of South Africa during the U20 Wor
Damian Willemse  ~ Getty Images

KOBE. - Damian Willemse is Sondag hier in Suid-Afrika se beginspan op heelagter ingesluit vir Dinsdag se laaste Groep B-wedstyd van die World Cup.

Rassie Erasmus, afrigter van die Bokke, het 13 veranderinge aan die span aangebring wat Namibië in die vorige game met 57-3 in Toyota oorrompel het.

Willemse, het verlede Donderdag as plaasvervanger vir die beseerde Jesse Kriel, ingevlieg.

Dit sal die 21-jarige van die Strand se eerste toets van die jaar wees, nadat hy die Rugby Championship en die World Cup games weens ’n kniebesering misgeloop het.

Willemse sê Sondag: “Ja, Ek is honger om weer vir die Bokke te speel. Ek het nie verwag om hier te wees nie. Dit is beslis baie exciting.” 

Die veelsydige agterspler se insluiting op heelagter beteken dat Warrick Gelant na regtervleuel skuif, terwyl Sbu Nkosi op die linkervleuel begin.

Makazole Mapimpi kry ’n blaaskans nadat hy al drie die Bokke se World Cup games begin het.

Schalk Brits wat in sy laaste game agsteman en kaptein was, gaan dié keer die nr.2-trui dra.

Siya Kolisi gaan die span aanvoer met Damian de Allende wat op buitsenter gaan uitdraf. Hy vorm ’n nuwe kombinasie in die middelveld saam met Frans Steyn wat die nr12.-trui gaan dra.

Vyf van die plaasvervangers van die sege oor Italië (49-3) - Frans Steyn, Francois Louw, Franco Mostert, RG Snyman en Vincent Koch - is tot die beginspan bevorder.

Thomas du Toit (loskopstut) en Cobus Reinach (skrumskakel) gaan ook vir die eerste keer ‘n game by die World Cup begin.

Die Springbok-span is - Damian Willemse, Warrick Gelant, Damian de Allende, Frans Steyn, S'bu Nkosi, Elton Jantjies, Cobus Reinach, Francois Louw, Kwagga Smith, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, RG Snyman, Vincent Koch, Schalk Brits, Thomas du Toit. BANK: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Herschel Jantjies, Handre Pollard, Willie le Roux 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters