5 dae gelede
Dalk weer sluittyd vir Grens
Kyk terug: Die Grens Rugbyunie se toekoms is duister. Sonwabiso Mqala is een van die Bulldogs wat geraak kan word.Foto: Gallo Images  ~ 

DINGE lyk nie goed vir die toekoms van die sukkelende Grens Rugbyunie (GRU) nie.

Die Grens-Bulldogs se breier, Tiger Mangweni, sê hy weet nie eens of sy span volgende seisoen nog gaan speel nie.

Die Bulldogs vaar vanjaar baie swak.

Hulle het net een wedstryd in die afgelope SuperSport Challenge gewen. In die Currie Cup het hulle sover al hulle wedstryde verloor.

Dis dus een oorwinning uit 13 wedstryde vanjaar.

Dat die GRU vroeër vanjaar ’n ruk gesluit was, dra natuurlik by tot die ellende.

Reddingsboei

In April, kort voor die Challenge, het die Oos-Kaapse departement van sport die unie ’n reddingsboei van R4,2 miljoen gegee – net genoeg vir deelname aan vanjaar se kompetisies.

Maar Mangweni sê hy weet nie of daar geld gaan wees vir deelname aan volgende seisoen se Saru-kompetisies nie.

Hy sê nog ’n rede hoekom hulle so swak vaar, is omdat hulle later as die ander unies begin voorberei het.

“Ons het drie dae voor die Challenge uitgevind ons mag deelneem en ’n week voor die Currie Cup,” verduidelik Mangweni.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters