13 dae gelede
Cup se laaste 4 beslis
tweestryd: Ikapa Sporting se Ricardo Ndiki (swart) probeer Glendene se Justin Jacobus in ’n Nedbank-stryd stuit. Foto’S: MELINDA STUURMAN  ~ 

ZIZWE United, Glendene United, Norway Parks Magic en Grassy Park United het hulle plekke in die semi’s van die Nedbank Cup-reeks vir Safa se Tweede Liga-spanne bespreek.

Dit kom ná die naweek se tweedaagse uitdunne op Royal Road in Maitland.

Nasief Morris (afrigter) se Norway Parks Magic het na die laaste vier deurgedring toe hulle Royal Blues van Beaufort-Wes met 2-1 gestuit het. Wade Crowie en Lionel Saal het die tuisspan se sege verseker.

Morris was vol smiles en baie tevrede met die feit dat hulle die Blues geklop het.

“Royal Blues het goeie weerstand gebied, veral in die eerste helfte,” vertel die voormalige Bafana Bafana-speler.

“Maar in die tweede helfte het ons die situasie beter hanteer en die oorhand begin kry.

“Ek is optimisties oor die pad wat voorlê,” het Morris afgesluit.

Intussen het Theo Hempe (breier) se Grassy Park United sy staal getoon deur sy kwarteindstryd teen Ubuntu Cape Town met 2-0 te wen.

Beter

“Ek moet sê die dissipline in die kamp is besonder goed en die spelers gee 100% commitment.

“Ek verwag dat ons nog beter kan doen namate die seisoen aangaan,” aldus Hempe.

In die ander twee kwarteindstryde het Zizwe United Gansbaai se Morning Stars met 3-0 kafgedraf, terwyl Glendene United moes staatmaak op penalties om Ikapa Sporting met 5-4 uit te skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters