2 maande gelede
CT City pak Baroka môre
light duty: Kermit Erasmus vat ’n breek gister in Cape Town City se oefensessie.Foto: mark ward  ~ 

FANS van Cape Town City kry môre die geleentheid om Kermit Erasmus se sokker skills van naby te aanskou.

Erasmus het sy debuut laas week in die Citizens se sege (1-0) oor SuperSport United in Pretoria gemaak.

Hy het gister nie voluit saam met sy spanmaats geoefen nie.

Fiks

Hoewel hy herstel het van ’n ligte kuitbesering, wou hy dinge nie oordoen nie.

Hy sal egter fiks wees vir die Premier-sokkerliga (PSL)-wedstryd teen Ba­roka. Dit skop 20:15 af in die Kaapstad-stadion.

City se afrigter, Benni McCarthy, was in ’n ligte luim gedurende die oefensessie op Hartleyvale, maar hy het sy spelers nietemin laat sweet.

Erasmus sê hy is beseer omdat hy lank laas ’n volle wedstryd gespeel het.

Erasmus het die afgelope drie jaar inder­daad min volle wedstryde gespeel.

Hy is vort Europa toe nadat hy Orlando Pirates­ verlaat het.

Daar het hy vir Stade Rennais, Lens (albei Frank­ryk), AFC Eskilstuna (Swede) enVitória Setúbal (Portugal) gespeel.

City is 10 punte agter die PSL-voorloper, Wits.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters