2 maande gelede
CT City-man deur en deur
BENNI McCarthyFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

BENNI McCarthy is toegewyd aan Cape Town City – 150 miljoen%!

Dis die versekering wat hy gee ná gerugte dat hy gelink word met die afrigterspos by Bafana Bafana.

McCarthy sê hy steur hom nie aan gerugte dat hy Stuart Baxter dalk sal opvolg nie.

McCarthy is gepols oor die moontlikheid daarvan dat hy die nasionale span kan afrig.

Dit was Saterdag ná City se sege van 1-0 oor Stellenbosch in die Premier-sokkerliga (PSL).

McCarthy, wat die Citizens nou ’n derde seisoen afrig, sê rumours soos dié affekteer hom nie juis nie.

Hy sê: “Dis die eerste keer dat ek daarvan hoor.

“Toe ek ’n speler was, was daar rumours ek gaan na Man Unit­ed; daar was rumours ek gaan na Chelsea.

“As ek my aan dié rumours steur, sal ek eindig waar ek was as ’n speler, en my job verloor.

“Nou, as ’n coach is ek gevlei my naam word gekoppel aan die big job. Dit wys dat ek, my spelers en die span so ’n great job doen dat mense dit oplet.

Gefokus

“Wanneer my tyd aanbreek, sal my chairman my laat weet wat aangaan.

“Ek is 150 miljoen% gefokus op die projek waarmee ek besig is, op wat ek hier bou. Ek is baie happy.

“Ek sweet bloed vir die spelers en die klub. Ek is passievol. Ek is gebore om op die veld te wees.

“Ek sal voortgaan om dit te doen totdat dinge in my lewe verander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters