9 maande gelede
Crusaders wen Aotearoa-titel
CHRISTCHURCH, NEW ZEALAND - MARCH 09: Will Jordan
VREUGDE: Will Jordan (regs) en Jack Goodhue omhels mekaar.  ~ Getty Images

Die Crusaders het Sondag die Superrugby Aotearoa-kompetisie gewen.

Die tienmalige Superrugby-kampioen was met 32-22 teen die Highlanders in Christchurch baas nadat hulle in die rustyd met 17-13 agter was. 

Al is Codie Taylor (kaptein) se span reeds as die kampioen gekroon kom hy volgende week teen die Blues in Eden Park te staan.

Die Blues sal dus alles in die stryd wil werp om die kampioen ore aan te sit.

Die Highlanders het goeie geduld in die eerste helte gewys op die aanval. Hulle het die Crusaders ore by die afbreekpunte aangesit.

Die vuurvreter flank Shannon Frizell het nie net sy span se eerste drie gedruk nie, maar hy ook sy stempel op die verdediging en die aanval afgedruk.

Richie Mo'unga, die losskakel van die Crusaders was soos gewoonlik op sy stukke. Die All Black nr.10 het al sy span se punte in die eerste 40 minute aangeteken.

Mo’unga het nie net ’n vypunter aangeteken nie, maar was ook in die kol met ‘n doelsko en twee strafdoele om sy span in die rustyd nog in die prentjie te hou.

Uistekende verdediging van die Highlanders se regtervleuel Josh McKay het ’n seker drie van die Crusaders se skrumskakel Bryn Hall net na die rustyd verhoed.

McKay the die bal uit Hall se hande getackle het soos hy oor die doellyn gegaan het. Die Highlanders het die Saders se foute uitgebuit wat in ‘n briljante die van die buitersenter Michael Collins ontaard het.

Josh Ioane het met die doelskop misluk, maar die drie het die score na 22-13 in die besoekers se guns gerek met sowat 23 minute se speeltyd oor.

Die Crusaders is egter nie verniet die verdedigende kampioen nie. Scott Roberson (afrigter) se span span is bekend daarvoor dat hy sy peil aansienlik in die laaste 20 minute van ’n game lig. En dit is presies wat gebeur het. 

Twee drieë in twee minute van George Bridge het die tuissspan vir die eerste keer met 25-22 laat voorloop.

Om sake verder te bemoeilik vir die Highlanders is Sio Tomkinson met ’n geelkaart van die veld gestuur vir ’n gevaarlike skouerloop. 

Die buitesenter Braydon Ennor het hierna ’n goeie lyn van Mo'unga gehardloop vir sy span se vierde drie.

Dié drie en die doelskop van Mo’unga was die finale spyker in die Highlanders se doodskis.

Puntemakers:  

CRUSADERS - drieë: Richie Mo'unga, George Bridge (2), Braydon Ennor; doelskop:  Mo'unga (3); strafdoele: Mo'unga (2)

HIGHLANDERS - drieë: Shannon Frizell, Jona Nareki, Michael Collins, doelskoppe: Josh Ioane (2); strafdoel: Ioane

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters