4 maande gelede
Crusaders sorg vir hartseer Cruden-afskeid
HAMILTON, NEW ZEALAND - AUGUST 01: Sam Cane congra
HARTSEER GROET: Sam Cane (links) groet vir Aaron Cruden wat in sy 100ste wedstryd vir die Chiefs en sy laaste tuiswedstryd vir die Hamilton-franchise gespeel het.  ~ Getty Images

DIE Crusaders is terug op die wenpad nadat hulle Saterdag met 32-19 met die wenlose Chiefs in ’n Superrugby Aotearoa-kragmeting in Hamilton afgereken het.

Die span van Scott Robertson (afrigter) het laas week vir die eerste keer in 37 kragmetings op hul tuisveld in Christchurch teen die Hurricanes verloor, maar Codie Taylor (kaptein) en sy manne het sake vandeesweek teen die suklellende Chiefs reggestel.

Die Crusaders was met die rustyd met 17-10 voor die FMG-stadion.

Met dié oorwinning bly die Crusaders bo-aan die Superrugby Aotearoa-punteleer met vyf oorwinnings uit ses wedstryde op 24 punte.  Daarteenoor het Warren Gatland (afrigter) se Chiefs-span hul sewende agtereenvolgende nederlaag gely.

Taylor het agterna gesê die game was vir groot gedeeltes baie close met net een punt wat die twee spanne onderskei het.

Hy sê: “Ons het laas week nie die mas opgekom nie enhet geweet da tons met ’n verbeterde vertoning vorendag moet koms as ons as oorwinnaars uit die stryd wil tree.

"Dit was belangrik om te wen met Sam Whitelock wat die mylpaal behaal het om in sy 150ste game te speel. Ons het ons geleenthede aangegeryp. Dit is uiteraard al waaroor die game gaan."

Taylor het Whiteloch uitgesonder as ’n toonbeeld van ’n Crusader-speler. "Sam is altyd bereid is om die jonger spelers touwys te maak. Hy is ’n great ou op en af van die veld en ons het almal baie respek vir hom,” het die haker gesê.

Sy eweknie van die Chiefs, Sam Cane, sê sy span het weereens te lank gevat om aan die gang te kom.

“Ons het teruggeveg, maar kon net nie ons neuse voorkry nie. Ek is steeds nog baie trots op die span se effort. Ons wou baie graag die game wen vir ons spanmaat (Aaron Cruden wat in 100ste wedstryd gespeel het).

"Dit was ’n tough battle. Die game gaan oor om jou geleenthede aan te gryp. Daar was een of twee keer waar ons net eenvoudig nie kon afrond nie. Die geelkaart het ook nie gehelp nie. Ons sal net hard daaraan moet werk,” het Cane gesê.

Die Chiefs reis volgende week na Wellington waar hulle die Hurricanes (Saterdag, 09:05 SA tyd) aandurf. Die Crusaders speel (Sondag, 9 Augustus - 05:35 SA tyd)gasheer vir die Highlanders 

Puntemakers:

CHIEFS – drie: Lachlan Boshier; doelskop: Damian McKenzie; strafdoele: McKenzie (4)

CRUSADERS – drieë: Tom Sanders, Will Jordan, Codie Taylor, Sevu Reece, Leicester Faingaanuku; doelskoppe: Richie Mo'unga (2), strafdoel: Mo'unga

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters