Verlede jaar
Cronjé en Pollard ‘reg’
terug: Ross Cronjé (links) en Handré Pollard speel weer vir die Bokke.  ~ 

DIE Westelike Provinsie se veelsydige agterspeler Dillyn Leyds is terug in die Springbok-groep.

Allister Coetzee, die Bok-afrigter, het Leyds herroep vir die Bokke se Australasiese been van die Kampioenskapsreeks.

Die losskakel Handré Pollard en skrumskakel Ross Cronjé is ook weer in die span.

Leyds is voor die Bokke se stryde teen Argentinië teruggestuur na sy provinsiale span, terwyl be­serings Cronjé en Pollard op die kantlyn gehou het.

Die Bokke sal vol vertroue reis om Australië en Nieu-Seeland aan te durf nadat hulle twee oorwinnings oor die Poemas behaal het.

Die terugkeer van Cronjé is veral goeie nuus vir die Bokke.

Dié skrumskakel het sy enkelbesering afgeskud en sal beslis in aanmerking kom vir ’n plek in die beginspan.

Cronjé en sy Lions-spanmaat Elton Jantjies vorm ’n gedugte skakelpaar.

Pollard is bo die jong Curwin Bosch gekies. Dit is duidelik dat Coetzee nie wou waag met die onervare Bosch nie.

Pollard het egter maande laas gespeel en ’n vraagteken hang oor sy wedstrydfiksheid.

Die Wallabies het in hul vorige wedstryd teen die All Blacks gewys hulle gaan die Bokke oor twee weke tot die uiterste beproef.

Leyds het in die Superrugby-reeks gewys waartoe hy in staat is. Hy kan op heelagter, vleuel en losskakel ingespan word indien nodig.

Hy is beslis ’n speler wat nie die SA span teen die gedugte All Blacks in die steek sal laat nie.

Die SPRINGBOK-GROEP VIR DIE TOER NA AUSTRALASIë IS GISTER AANGEKONDIG:

Voorspelers:

Uzair Cassiem, Lood de Jager, Ruan Dreyer, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle.

Agterspelers: Andries Coetzee, Ross Cronjé, Damian de Allende, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Handré Pollard, Raymond Rhule, Jan Serfontein, Courtnall Skosan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters