9 dae gelede
Covid slaan Proteas
KRIEKET IS TERUG: Drie Protea-spelers is tans in isolasie.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

EEN lid van die Proteas se groep vir die komende witbalreeks teen Engeland in die Wes-Kaap is positief getoets vir Covid-19.

Die speler en twee spelers met wie hy in kontak gekom het, is tans almal in afsondering in die Moederstad.

Almal is asimptomaties, maar dokters sal voortgaan om die situasie te monitor, het Krieket Suid-Afrika (KSA) in ’n verklaring gesê.

Begin

KSA sê ook sowat 50 toetse is op spelers en onder­steuningspersoneel uitgevoer­ voordat hulle hul bio-sekuriteitsbasis in Kaapstad betree het.

Die reeks teen Engeland begin op 27 November met die eerste van drie T20I’s, gevolg deur drie ODI’s.

Alle wedstryde word op Nuweland in Kaapstad en Bolandpark in die Paarl gespeel.

“Een speler het ’n positiewe toetsuitslag opgelewer.

“Twee spelers is as noue kontakte beskou op grond van die risiko-beoordeling wat die mediese span onderneem het,” lees die verklaring.

“Al drie spelers is onmiddellik in Kaapstad geïsoleer as deel van die Covid-19-protokolle.

“Hoewel alle spelers asimptomaties is, sal die mediese span van KSA hulle monitor om hul gesondheid en welstand te ver­seker.

“In hierdie stadium sal geen van hierdie spelers vir die toer vervang word nie, maar twee plaasvervangers sal wel by die groep ingesluit word vir die doeleindes van die groep se oefenwedstryde wat op Saterdag 21 November gespeel word.”

Boulbeurte

Engeland se groep het ook intussen in Kaapstad aangekom om met hul voorbereidings te begin.

Die span, onder leiding van Eoin Morgan, sal môre in Kaapstad ’n opwarmingswedstryd oor 50 boulbeurte speel.

  • ’n Woordvoerder van die England and Wales Cricket Board het bevestig alle Covid-19-toetse wat op die Engelse groeplede uitgevoer is, het negatiewe uitslae opgelewer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters