Verlede maand
Covid-19 tref NFD
Vladislav Heric  ~ BackpagePix

DIE realiteit van die corona-virus-pandemie het nie net die Eers­te Liga-spanne Cape­ Umoya United en die segelose Cape Town Spurs hard getref nie, dit het mense ook laat besef hoe broos, kort en waardevol die lewe is.

Nie minder nie as 24 gevalle het alleenlik by Umoya opgeduik, terwyl Spurs byna die helfte van dié getal het.

Dít is waarom die liga-derby tussen dié klubs gister afgelas is.

Vyf spelers van Cape Town All Stars is op 31 Desember positief getoets vir die corona-virus.

Die situasie is nie net vir die klubs ’n massiewe finansiële uitdaging nie, dit is ook ’n beproewing vir die toekoms van sokker in die land.

Die aanloklike Nedbank Cup moet ook nog plaasvind.

Die formaat hiervan is soos dié van die Engelse FA Cup: Amateurspanne kry die geleentheid om teen meer invloedryke klubs en beter opposisie te speel.

Son is ingelig Spurs se coach, Vladislav Heric, is een van die ongelukkige individue wat die virus opgedoen het.

“Dis ’n crazy tyd,” het Heric gesê.

“Ek is siek en veg teen die virus. Kontak die klub vir verdere inligting,” het die Serwiër bygevoeg.

Intussen jag Heric en Spurs, wat die laaste posisie beklee, steeds hul eerste sege van die seisoen.

Ná vyf wedstryde het die span van Parow nog net twee punte ingesamel.

Sleutelspelers

Dis net ’n kwessie van tyd voordat Spurs se base Heric die deur wys.

Die terugkeer van sleutelspelers soos die doelevraat Abednego Mosiatlhaga en Riyaad Norodien behoort ’n groot plus vir die Eagles te wees. Die opwindende Dale Wakefield is ook weer in die prentjie en reg vir aksie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters