8 dae gelede
Covid-19 tref Div ‘redelik hard’
Peter De Villiers  ~ Franna Lombard

PETER de Villiers se gunsteling sêding “selfs die slegte tye is goed” kry nou gestalte met die voormalige Springbokafrigter wat teen Covid-19 veg.

De Villiers, wat laas week 64 jaar oud geword het, het saam met 11 spelers van die Oostelike Provinsie positief vir die virus getoets.

De Villiers het Woensdag op Twitter gesê die virus het hom “redelik hard” getref, maar hy is vol vertroue dat hy sal herstel.

“Dankie aan almal wat vir my ’n boodskap per telefoon of in die sosiale media gestuur het oor die kontraktering van #Covid19.

“Dit het my redelik hard getref en ek voel nie lekker nie, maar soos ek altyd sê ... ‘Selfs die slegte tye is goed!’

“Ek is ’n vegter en sal oorwin!”

Nadat die virus by die unie uitgebreek het, is die Olifante vriendskaplike wedstryd teen Griekwas uitgestel.

Die Olifante speel vanjaar in die Curriebeker se Eerste Liga, wat op 19 Junie begin.

Hierdie jongste verwikkelinge plaas egter hul deelname aan dié kompetisie se eerste ronde in gedrang.

Die OP-span het beslis nie die diepte om 11 spelers te vervang voor volgende naweek se tuiswedstryd teen die Luiperds nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters