14 dae gelede
Conte wil Jesse se loopbaan ‘red’
Jesse Lingard  ~ Getty Images

ANTONIO Conte, manager van Inter Milan, meen hy kan Jesse Lingard se loopbaan red.

Dan sal die 28-jarige Lin­gard, wat ná sy herstel van ’n besering nog net in twee bekerwedstryde gespeel het, Manchester United vir die Serie A-sokkerreus moet verlaat.

Die akademiespeler van United ervaar die vorige paar maande persoonlike probleme met sy ma wat aan depressie ly.

Dit is ook waarom hy tekort skiet om ’n posisie in die Red Devils se beginspan los te speel.

Voete

Conte is ’n groot aanhanger van Lingard en glo die speler het baie om te bied en die San Siro sal die geskikte plek vir hom wees om sy staal te wys.

Dit is ook die einste Conte wat reeds spelers soos Matteo Darmian, Ashley Young, Romelu Lukaku, Alexis Sánchez en Aleksandar Kolarov tot sy beskikking het.

Inter het ook vir Christian Eriksen in sy geledere, maar dié sukkel om sy voete te vind.

Dit is waarom Conte ook Lingard se dienste met ’n seer hart soek

“Jesse behoort goed in te pas by die soort spelers wat ons hier het,” het Conte uitgewys.

“Hy het ook voorheen saam met talle van die spelers gespeel en dit sal nie juis vir hom vreemd wees nie.

“Jesse het ’n oog vir doele, maar hy het ’n kans nodig om hom weer te bewys.

“Ek glo ons kan sy loopbaan red as hy sou belangstel om United te verlaat,” aldus die Italianer. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters