13 dae gelede
Comitis hoop Shonga is real deal
Justin Shonga  ~ Verskaf

DIT wil voorkom asof Cape Town City se eienaar, John Comitis, nie so seker is oor sy nuwe angels op die aanval nie.

Behalwe vir Kermit Erasmus was die Citizens se aanwinste in die verlede almal floppe.

Spelers soos Chris David, Allan Kateregga, Siphelele Mthembu en Tokelo Rantie het almal met groot reputasies Kaap toe gekom, maar geen impak gemaak nie.

Dis waarskynlik waarom Comitis Dinsdag aan Son gesê het hopelik is Justin Shonga, City se nuwe striker, die real deal.

Vreemdeling

“Ek hoop hy is ons antwoord, want hy kom met ’n groot price tag,” het Comitis gesê.

Die 24-jarige Zambiër is ook geen vreemdeling in die PSL nie. Hy het voorheen vir Orlando Pirates uitgedraf waar hy 16 doele in 77 wedstryde aangeteken het.

Shonga se verblyf in Venda by Tshakhuma Tsha Madzivhandila FC was van korte duur. Hy het gister ’n kontrak tot 2024 met City gesluit.

“Ek is dankbaar vir die voorsitter wat my gesign het om deel van die klub uit te maak,” het Shonga gesê.

“Hier is baie talentvolle spelers en ek sien daarna uit om by hulle in te val.

“Ek dink die span het genoeg gehalte om trofeë te wen,” het die Zambiër bygevoeg.

Shonga kan straks Saterdag losgelaat word wanneer Kaizer Chiefs die Kaap kom besoek. Die Citizens sal in die defence moet klaarkom sonder die yster Taariq Fielies, wat geskors is

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters