6 dae gelede
Comitis eis justice
CHAOS: Dis hier waar Cape Town City se spelers en tegniese span moes hardloop vir hulle lewe toe Celtic fans die veld bestorm het. FOTO VERSKAF  ~ 

JOHN Comitis soek justice en regverdigheid!

Die eienaar van Cape Town City is steeds geskok nadat die Citizens gister in Bloemfontein vir hulle lewe moes hardloop.

Hulle lewe is bedreig in ’n pitch invasion en hulle is met voorwerpe gegooi in City se Premierliga game teen Bloemfontein Celtic.

Omgekrap

Die referee het die game ná 20 minute gestop uit vrees vir almal se veiligheid.

Son verneem Celtic se fans is erg omgekrap met dié klub se bestuur.

Die klub is ook al geruime tyd for sale, maar hy kan net nie die geskikte koper kry nie.

Gister se wedstryd is nie op die kassie uitgesaai nie.

Comitis beweer hy het voor die game al geweet iets kook.

“Dit was chaoties en ons moes koes vir die voorwerpe en teargas wat in ons rigting gegooi is,” het Comitis vanuit Bloemfontein aan Son gesê.

boos: John Comitis en Cape Town City het met hulle lewe ontsnap.Foto: GALLO IMAGES

“Ons het onmiddellik die spelers van die veld geroep.

“Hulle was maar in die dressing room uit vrees vir hulle lewe,” het ’n geskokte Comitis bygevoeg.

Hy het gesê die game sal waarskynlik oorgespeel moet word op ’n ander “tuisveld” van Celtic.

Volgens die voormalige Ajax Cape Town-baas bepaal die reëls­ van die Premier-sokkerliga die Kapenaars moet die ligapunte kry.

Ook sê Comitis hy het ’n vermoede oor die game gehad omdat dit nie op televisie uitgesaai is nie.

“Sulke dinge gebeur mos hierdie tyd van die seisoen en ek het iets soos dit verwag,” verduidelik hy verder.

“Jy moet nou die koste en moegheid van die spelers in ag neem.

“Hoe kan dit fair teenoor hulle wees? Dis waarom ek sê ons moenie dinge as vanselfsprekend aanvaar nie.

“Ek verwag dat die klub dinge met sy fans moet deel en verantwoordelikheid aanvaar vir wat vandag (gister) hier gebeur het. Dit was skokkend,” het Comitis afgesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters