10 dae gelede
Comeback vir Robben
arjen robben Foto: GETTY IMAGES  ~ 

ARJEN Robben, die voormalige Chelsea, Real Madrid en Bayern Munich winger, maak ’n terugkeer na sy boyhood club, Groningen. En dít op die ouderdom van 36 jaar.

Robben het laas jaar sy stewels opgehang ná ’n loopbaan waarin hy meer as 30 trofees gewen het.

Die Nederlandse legende het egter aangedui hy hoop om ’n comeback vir die 2020-’21-seisoen te maak om Groningen uit te help omdat die klub kwaai geraak is deur die onderbreking van sokker weens die corona-virus-pandemie.

“Dis my droom om weer ’n Groningen-trui aan te trek,” het Robben gesê.

Uitdaging

“Ek weet nog nie of dit gaan werk nie. Wat ek wel weet, is dat dit nie van my toewyding en motivering sal afhang nie.

“Die klub kan doen met hulp om deur die corona-krisis te kom.

“Ek het die laaste paar weke gesprekke gehad met die klub se personeel en ek het geluister na die roep van die ondersteuners wat sê ‘Arjen, volg jou hart!’ ”

Robben, wat 96 caps met Nederland het, het sy debuut as 16-jarige vir Groningen gemaak.

Die lefty het egter erken dat sy comeback ’n “moei­like fisieke uitdaging” vir hom sal wees. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters