Verlede maand
Coach kan nie kom red
Muhsin Ertugral  ~ Backpagepix

MUHSIN Ertugral se verpligtinge by Turkye se nasionale span is een van die vername redes waarom hy nie Cape Town Spurs se noodkrete beantwoord het nie.

Dis ook juis waarom Spurs se eienaar, Ari Efstathiou, moes settle vir die minder ervare plaaslike kombinasie van Dylan Deane en die voormalige Bafana Bafana-verdediger Nasief Morris om die span te kom red.

Opgewondenheid

Dié verwikkelinge volg kort nadat Spurs sy coach, Ian Taylor, én sy assistent, Nathan Paulse, Dinsdag die trekpas gegee het.

Dit is omdat Spurs deur relegasie in die gesig gestaar word in sy debuutseisoen in die Nasionale Eerste Liga (NFD).

Daar was aanvanklik groot opgewondenheid toe Efstathiou die huishoudelike naam van Spurs wou laat herleef.

Maar net soos onder die vorige naam, Ajax Cape Town, is dinge besig om skeef te loop vir Efstathiou se Spurs.

Ertugral dien tans as ’n tegniese adviseur vir Turkye se nasionale span.

Hy sê die span is besig met voorbereidings vir die 2021 Europese kampioenskapstoernooi wat in verskeie lande aangebied word.

“Ek hoop net dat die span veilig sal wees.

“Ek wens almal die beste toe met die pad vorentoe,” sê Ertu­gral.

Deane en Morris sal die spreekwoordelike haas uit ’n hoed moet trek om Spurs se NFD-status te behou.

Spurs moet sy oorblywende wedstryde teen Polokwane City (weg), Real Kings, Pretoria Callies (albei tuis), Free State Stars (weg) en Tuks wen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters