9 dae gelede
City slaan Chelsea vir 6
Sergio Aguero  ~ getty images

SERGIO Aguero het sy tweede driekuns aan doele behaal vir die tweede agtereenvolgende week in Manchester City se vermorseling van Chelsea.

City, wat met 'n beter doelverskil nou bo-aan die punteleer is, het die Blues in die Etihad-stadion met 6-0 gewen.

Aguero het verlede week teen Arsenal ook ‘n driekuns behaal.

Raheem Sterling het ook uitgeblink en met twee doele bygedra. Ilkay Gundogan het die ander een aangeteken.

City blaas nou hard in die nek van Liverpool wat een wedstryd minder gespeel het.

Chelsea se nederlaag is goeie nuus vir City se bure, Manchester United, met wie hulle om die vierde plek meeding.

United is vierde met 51 punte,  bokant Arsenal (vyfde) en Chelsea (nou sesde) op 50.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters