5 maande gelede
City skop 9 verby Burton
ja man! Man City se Ga­briel Jesus vier sy doel.Foto: reuters  ~ 

ONS het hulle moeg gehardloop.

Só sê Pep Guardiola, Manchester City se manager, nadat sy span Burton Albion met 9-0 (rustyd 4-0) in Woensdagaand se League­ Cup-halfeindstryd op die Etihad geklop het.

Al moet City nog die tweede been van die kompetisie se halfeindstryd op Burton se veld speel, is hy reeds verseker van ’n plek in die eindstryd.

Aangeskakel

“Met alle respek aan Burton, hy verdien gelukwense dat hy tot in die halfeindronde vorder. Onthou, hy het Premierliga-spanne en spanne in die Champion­ship (Eerste Liga) geklop om tot hier te kom.

“Vandag was ons egter ernstig aangeskakel en daai vinnige eerste doel was ’n bewys daarvan,” het Guardiola gesê.

Volgens hom het Burton ’n kans gehad om ’n doel aan te teken, maar sy span se kondisionering en fiksheid het die oorhand gekry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters