3 maande gelede
City se Benni ambisieus
wen! wen! wen! Benni McCarthy sê hy wil in elke kompetisie welslae behaal.Foto: BACKPAgepix  ~ 

AL HET sy baas, John Comitis, aan hom dié seisoen geen teikens gestel nie, wil hy in elke kompetisie welslae behaal.

So sê Benni McCarthy, afrigter van Cape Town City. Dis nadat City vir Maritzburg United Sondag in die Harry Gwala-sta­dion met 1-0 geklop het in hul wedstryd in die MTN8-kompetisie.

Dit het vergoed vir die teleurstelling van sy nederlaag laas week in die Premiersokkerliga (PSL) teen sy bogey-span, Baroka FC.

En dit hou McCarthy se doelwitte op koers.

Die Citizens pak die Afrika-kampioen, Mamelodi Sundowns, in die halfeindronde van die MTN8 volgende naweek in die Kaap.

’n Sege oor die Brazilians sal hulle verseker van ’n tweede eindstryd agtereenvolgens in die MTN8.

McCarthy sê: “Kyk, John is beslis rustig, maar ek weet nie wat in sy kop aangaan nie.”

“Maar as ’n afrigter sal ek wil dink my personeel oefen elke dag net om sukses te behaal.

“Ons wil elke wedstryd wen en suksesvol wees in elke kompetisie waaraan ons deelneem.

“Ons wil onsself nie beperk nie, dís waarom ons hard oefen, want ons gesamentlike doel is om silwerware te verower.”

City pak Golden Arrows Saterdag in die Kaapstad-stadion in ’n PSL-wedstryd waarmee hy sy veldtog op koers sal wil kry ná die glips teen Ba­roka.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters