4 dae gelede
City moeg van sukkel met sy fiksheid
wanneer dan? Tokelo Rantie sal volgens verwagtinge moet shine wanneer hy wél ingespan word.Foto: BACKPAGEPIX  ~ 

CAPE Town City beoog om sy striker Tokelo Rantie in die pad te steek.

Dis omdat dié 28-jarige voormalige Bafana Bafana-speler net nie aan die gang kom wat sy fiksheid betref nie.

Rantie het in Augustus by City aangesluit nadat hy uitgeloop het by die Turkse klub Gençlerbirligi.

Sedertdien was Rantie buite aksie voordat City se eienaar, John Comitis, hom ’n lifeline gegooi het.

Rantie kon tot dusver nié incash op die kans nie en City se geduld raak ook nou op.

Son verneem Rantie kom ook nié cheap nie en hy trek ’n salaris van iets in die omgewing van R200 000 per maand.

Comitis het gister aan Son gesê dat hulle môre ’n mediaverklaring gaan uitstuur rakende die speler se huidige situasie.

“Wel, ons het aanvanklik probeer om hom ’n kans te gee om sy loopbaan te revive, maar dinge het nié so uitgewerk nie,” het Comitis gesê.

“Ons sal teen Vrydag ’n besluit neem wat sy loopbaan by die klub betref,” het die City-baas bygevoeg.

Son verneem dat Rantie­ ’n chip op sy skouer het en glo nié juis wil ball speel nie.

Daar is reeds deur sy afrigter, Benni McCarthy, voorgestel dat die voormalige Bournemouth-striker met die Diski-span sy fiksheid kan herwin, maar Rantie het eenvoudig geweier.

Sy persoonlike lewe speel ook glo ’n rol daarin dat hy nie tans rigting in sy loopbaan kan kry nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters