Verlede maand
City is nou gretig vir 0.18-titel
BYRON COTTLE  ~  FOTO VERSKAF

NÁ SY treurmare in die Engen Cup is Cape Town City se o. 18-span nou meer vasbeslote om dié keer met die louere weg te stap.

Die jong Citizens het reeds wraak geneem vir die Engen Cup-nederlaag deur die kampioen, Ubuntu, in die halfeindronde van die Coke Cup uit te skakel.

City kom nou in die eindstryd in Belhar te staan teen sy aartsvyand, Hellenic. En geen genade gaan gegee of gevra word in dié derby nie. Dit begin om 11:00.

Druk

Byron Cottle, coach van City se jongelinge, is ook bewus daarvan dat die tag as gunsteling wat sy span dra, nie veel beteken nie.

Die druk en verwagtinge op Cottle se spelers is geweldig groot.

En met 1 000 toeskouers wat op Eric Park toegelaat gaan word, neem die druk nog verder toe op dié jong spelers.

Daar sal drie eindstryde gespeel word. Die o. 18’s (Hellenic teen Cape Town City) sal die verrigtinge om 11:00 afskop.

Daarna volg die vroue-eindstryd om 13:00, wanneer Shosholoza teen Vasdo da Gama uitdraf.

In die hoofwedstryd om 15:00 pak Rygersdal (CT Tygerberg) die Strandse span Dynamos in die eindstryd vir mans.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters