15 dae gelede
City en Benni se paaie skei
Benni McCarthy  ~ 

CAPE Town City het hul afrigter Benni McCarthy in die pad gesteek nadat die span net twee van hul laaste 18 wedstryde kon wen.

Vasili Manousakis sal intussen as afrigter waarneem.

Die klub bedank McCarthy, wat in 2017 as afrigter oorgeneem het, in 'n verklaring vir sy diens die afgelope drie seisoene en wens hom voorspoed toe.

"Hy het 'n integrale deel van die klub se geskiedenis geword en ons is trots op die suksesse wat ons gedeel het."

Muhsin Ertugral is luidens berigte die man wat by McCarthy gaan oorneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters