9 dae gelede
City-duo weer reg
Abbubaker Mobara  ~ 

CAPE Town City se twee steunpilare – die kaptein, Thami Mkhize, en Abbubaker Mobara – het ten volle van hul siekte herstel om Bloemfontein Celtic Sondag in die Cape Town Sta­dium te pak.

Dis wanneer die Citizens hul Premierliga-veldtog ná die internasionale break met ’n tuiswedstryd teen Ma­sokolara hervat.

Mkhize en Mobara, wat albei vir Bafana Bafana se on­langse kwalifiseringstryd vir Afcon 2022 teen São Tomé en Príncipe opgeroep is, is albei positief getoets vir Covid-19.

City het gister aangekondig albei hul staatmakers het nou herstel en is weer in aksie op die oefenveld om voor te bereiding vir Celtic.

City beklee tans die 10de posisie. Sy bevredigende begin tot die seisoen is te danke aan vier punte ná drie stryde – dit bestaan uit ’n sege, ’n draw en ’n nederlaag.

Intussen het City laat hoor sy Mosambiekse defender Edmilson Dove is op die herstelpad ná ’n knieoperasie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters