Verlede maand
Citizens soek verlossing
Jan Olde Riekerink  ~ Backpagepix

CAPE Town City se coach, Jan Olde Riekerink, weet hy moenie te veel op die verlede fokus nie.

Die Nederlander probeer ook nog sin maak uit die omstrede voorval tydens Sondag se Nedbank Cup-nederlaag teen Chippa United in die Baai.

Dis toe City verhoed is om ’n sub te kry.

Met die telling op 1-1 in Sondag se bekerstryd moes die Citizens wag op die tweede helfte van bykomende tyd om hul debutant, Abdul Ajagun, te vervang. Hy moes die veld ná die 90 minute gewone speeltyd weens ’n liesbesering verlaat.

Die wedstrydkommissaris, Robert Smith, het City egter verhoed om Ajagun te vervang.

Olde Riekerink is dalk ook bewus dat hy nie meer geregtigheid sal kry vir Sondag nie.

Daar gaan dalk weer drama wees in vandag se stryd tussen City en Chippa in Port Elizabeth se Nelson Mandelabaai-stadion.

Dis juis waarom die Citizens waarskynlik wraakgedagtes sal hê vir die Chilli Boys.

Olde Riekerink sê hy verwag dat sy span balbesit beter moet gebruik om teenstanders te klop.

Stuit

“Ons het baie kanse in die eerste helfte gehad wat ons nie weggesit het nie,” het Olde Riekerink uitgewys.

“Dis iets wat ons al ’n ruk stuit. Dit was nog moeiliker toe ons met 10 spelers gespeel het.

“Ek het nog nooit iets soos dit in my loopbaan ervaar nie. Hoe kon ons so iets in beroepsokker toelaat?” het die City-afrigter bygevoeg.

Olde Riekerink meen dat City sy eie lot kan bepaal deur Chippa te stuit.

“Die spelers is nie baie gelukkig nie en hulle het reeds aangedui die enigste manier om hiervan te vergeet, is om Chippa te straf,” het die City-baas verder gesê.

“Ons moet meer klinies wees op die aanval en terselfdertyd seker maak ons staan nie doele af nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters