6 dae gelede
Chippa lê nog eiers
myne: Daine Klate (regs) en Mthokozisi Dube veg om besit. Foto: gallo images  ~ 

CHIPPA United is een van twee spanne (Polokwane City­ is die ander) in die PSL wat ná twee wedstryde nog nie ’n doel aangeteken het nie.

Die Chilli Boys is Woensdag in die Nelson Mandelabaai-stadion met 0-1 deur Orlando Pirates geklop.

Dit is Chippa se tweede agtereenvolgende nederlaag in die nuwe PSL-seisoen.

Pirates se doel het gekom ná ’n fout in die verdediging deur Chippa.

Nes in sy eerste wedstryd teen Bloemfontein Celtic het Chippa nie sleg gespeel nie, maar daar is baie plek vir verbetering.

Chippa se breier, Dan Malesela, sê dit is belangrik om eers die balans van die span reg te kry. Hy sê dit is iets waaraan hulle vroeër moes werk.

“As ons miskien meer vriendskaplike wedstryde teen goeie teenstanders gespeel het, kon dinge baie duideliker gewees het.

“Op die oomblik is dit moeilik om te sê wie moet voor speel en wie in die middel.”

Malesela sê omdat­ sy span vol nuwe gesigte is, sukkel hy om die regte kombinasies saam te slaan.

“Ek wil graag ook ’n goeie plaasvervangersbank hê. So, net meer wedstryde sal my meer duidelikheid gee oor wie waar inpas.”

Malesela het wel genoem hy gaan dinge in die verdediging verander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters